Pages Menu
Facebook
Categories Menu

Posted by on Feb 19, 2018 in Gemeente Nuus |

Sinodenuus

Sinodenuus

“Watermomente”- vir Lydenstyd
Op 14 Februarie het ons ons verootmoedig voor die Here.

Ons het ons vertroue en afhanklikheid van God opnuut verklaar. Ons het ons egter ook verbind aan groter sensitiwiteit in ons rentmeesterskap van God se skepping. Só het ons die Lydenstyd ingegaan.

Vir die sewe Sondae van Lydenstyd sou daar ‘n oomblik in die liturgie geskep kon word om hierdie verootmoediging voort te sit. Laai die YouTube-clip vir eerskomende Sondag hier af.
Daar sal weekliks so ‘n kort insetsel wees wat ‘n ekologiese werklikheid uitlig, met ‘n belydenis in reaksie daarop. Die liturg sou na elkeen van hierdie momente die gemeente in gebed en voorbidding kan lei. Die droogte en waterkrisis is ‘n werklikheid wat ons almal raak, maar terselfdertyd deel ons die verantwoordelikheid om te sorg vir God se skepping.