Pages Menu
Facebook
Categories Menu
Psalm 23

Psalm 23

(1983 vertaling)

‘n Psalm van Dawid.  Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.


(1953 vertaling)

‘n Psalm van Dawid.  Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.